Resensie: Elf dae op ‘n Eiland

Elf dae op 'n EilandResensie: Elf dae op ‘n Eiland

Elf dae op n EilandTitel: Elf dae op ‘n Eiland

Skrywer: Elizabeth Wasserman

Gradering: 3 Sterre

Bladsye: 233

Publikasie datum: 20 September 2018

Beskrywing: Danika ontmoet uiteindelik die man wat sy net van ‘n ou foto af ken: haar pa, bewaarder op ‘n eiland in die Seychelles! Die heel eerste aand op die eiland hoor sy toevallig van ‘n ryk sjeik wat sy oog op die eiland het. Wat daarvan as hy nie werklik belang stel in ekotoerisme nie, maar in die finansiële gewin uit ‘n painiet-myn? Uit die bloute kom nog bekendes uit Kaapstad op Cousin aan . . . So word dit elf dae wat Danika nooit sal vergeet nie!

Dankie aan NB Uitgewers vir die gratis kopie.

 

Eerste Gedagtes

Hierdie boek weet nie lekker wat dit wil wees nie, ‘n liefdesverhaal, ‘n speurverhaal, ‘n avontuur. Daar is iets van alles te vind in hierdie boek. Alhoewel dit nie noodwendig ‘n slegte ding is nie, en ‘n goeie storie baie elemente het, het hierdie storie net te veel elemente gehad. Daar was te veel storielyne, en van hulle het nie vir my lekker gepas nie.

Die liefdesverhaal veral het nie vir my mooi gepas nie. Hierdie boek het geen aanduiding gegee dat daar liefde betrokke is nie, en ek voel die skrywer het dit net ingegooi van sy het gevoel dit was nodig. Daar was geen konneksie tussen die karakters nie en die liefde het gedwonge gevoel.

Karakters

Ek het baie van Wasserman se skryfstyl gehou en van die hoof karakter, Danika. Ek sou graag meer van Danika wou weet, en op tye het dit gevoel asof Danika net bygestaan het terwyl ander karakters die storielyn bevorder het. Dit sou goed gewees het om meer diepte van Danika te sien, en ek dink die volgende boeke in die reeks het baie potensiaal.

Opsomming

Hierdie boek was baie pret, al het dit my bietjie deurmekaar gemaak met al die storielyne. Dit was nogsteeds ‘n vinnge en gemaklike lees.

Share

4 thoughts on “Resensie: Elf dae op ‘n Eiland

  1. Characters with depth are a huge must for me when reading. I hope your next book is more enjoyable.

Comments are closed.

error

Enjoying my blog? Follow me!