Wolk – Blog Tour and Review

Wolk – Blog Tour and Review

Wolk – Blog Tour and Review

Hello friends! I hope you’re all well. This week I’m bringing you my Wolk Blog Tour and Review. This review will be in Afrikaans, as Wolk is an Afrikaans book. It’s been a while since I’ve done an Afrikaans review. I don’t read a lot of Afrikaans books, even though it’s my home language. I was pleasantly surprised by this book, so I’m really eager to be writing this review

{You might also like – How I Rate Books}

Wolk Blog Tour and ReviewTitle/Titel: Wolk

Author/Skrywer: Hannes Barnard

Rating/Gradering: 4 Stars

Format/Formaat: eBook

Publisher/Uitgewer: LAPA Uitgewers

Date Published: July 2020

Goodreads Description: Wat gebeur as jy die apokalips misloop?

Rufus en Xandr het pas graad 10 klaargemaak en hulle ken mekaar van kleintyd af. Hulle het al talle eerstes saam beleef – om te sê hulle is beste vriende is ʼn understatement. Rufus, eintlik Ruth maar Xandr noem haar Rufus, se pa het egter besluit dat die gesin die land moet verlaat. Die vriende moet afskeid van mekaar neem en beplan om hul laaste eerste – die belangrikste eerste – saam te hê. Dis net hulle en ʼn ou Midge wat iewers in die Vrystaat in ʼn grot vir ʼn paar dae gaan bly. Sal hulle die plan kan deurvoer?

Wat van die swart-en-oranje wolk wat op die horison verskyn?

I received a review copy from LAPA Uitgewers. All opinions are my own.

Links

eBOOK | Takealot

Physical Book | Loot

Content Warnings/Waarskuwing vir Inhoud

Hierdie boek sluit geslagsgebaseërde geweld in.

Review/Resensie

Characters/Karakters

Rufus en Xandr was albei vir my baie goeie karakters. Elkeen het ‘n baie duidelike en unieke stem gehad en hul vriendskap was vir my baie mooi. Hul persoonlikhede was vir my op party plekke baie dieselfde, maar jy kon steeds onderskeid tref tussen die twee.

Die verhouding tussen die twee vriende word ook in diepte bespreek, en daar word ‘n paar belangrike gesprekke oor vriendskap, seks en toestemming gevoer.

= 8/10

Atmosphere/Atmosfeer

Dit is partykeer lekker om ‘n boek te lees wat in Suid-Afrika uitspeel. Die landskap is bekend en ek hoef nie te hard te dink om myself in die boek in te lewe nie. Ek dink wel die begin van die boek kon meer doen om die apokalips te foreshadow, en die opbou tot die groot oomblik 50% in die boek in moes dalk vroeër gebeur het.

Dit was nogsteeds ‘n fantastiese storie oor vriendskap en al die dinge wat mense “mens” maak. Ek het dit baie geniet.

= 7/10

Writing/Skryfstyl

Ek lees nie baie Afrikaanse boeke nie. Hulle lees partykeer vir my vreemd en dan breuk dit die storie bietjie af. Wolk het wel seepglad gelees en op ‘n stadium het ek heeltemal weggeraak in die boek.

Die skryfstyl was maklik om te volg en ek het dit vreeslik geniet.

= 8/10

Plot/Storie

Die idee van ‘n apokalips misloop is vars en nuut en die potensiaal is enorm. Ek wens net ons kon bietjie meer van die apokalips sien, en die effek wat die apokalips het.

Die addisionele “menslike” antagonis van die storie was vir my te veel. Die storie sou goed gewerk het sonder hom, alhoewel hy deel is van ‘n baie belangrike punt oor geslagsgebaseërde geweld in Suid-Afrika, kon die laaste deel van die boek sonder hom gebeur.

= 8/10

Intrigue

Ek dink dit is veilig om te noem dat ek hierdie boek baie geniet het. Die storie is interessant en ek het die konsep baie geniet. Ek kon nie ophou lees op ‘n stadium nie en ek het die boek binne ‘n paar uur klaargemaak.

= 8/10

Logic

Ek glo as die boek dalk langer was kon ons meer inligting oor die Wolk gekry het en ook dieper in die karakters se gedagtes ingeklim het. Ons breeze baie oor die feit dat die karakters se familielede dalk dood is, en ons kon meer na die verstandelike impak gekyk het.

= 7/10

Enjoyment

Ek het hierdie boek baie geniet. Dit was ‘n vinnige lees en iets wat alle ouderdomme kan geniet.

= 8

CAWPILE = 7.7/10

Stars = 4

Let me know your thoughts on Wolk (Blog Tour and Review).

Author Interview / Skrywersonderhoud

Hannes BarnardHannes Barnard is die jongste vandrie broers en die seun van ’n dominee. Tussen 2002 en 2012 is hywoonagtig in Engeland, waar hymeestal as projekbestuurder vir ’n konstruksiemaatskappy werk. Ná dit het hy vir twee jaar in die Seychelle gewerk. Hy en sy vroukeer terug na Suid-Afrika in 2017,waar hy nou voltyds fokus op syskryfwerk. Halley se komeet, sy debuutroman, is in 2019 gepubliseer.

Facebook | Instagram

Hoe lank het dit jou geneem om Wolk te skryf?

Die idee was ’n ruk lank in my kop, maar toe ek behoorlik gaan sit en skryf, het die eerste draft my 2 weke geneem om te skryf. Die storie wou eenvoudig uit! Ek dink dis die lekkerste skryfervaring wat ek sover gehad het. Die eerste draft is natuurlik net die eerste deel van die proses. Daarna het ek maande en maande aan die manuskrip geskaaf: Lees, oorskryf, redigeer, hardop lees, repeat. Nadat my manuskrip aanvaar was vir publikasie het ek en die Lapa-span (o.a. my uitgewer en die teksversorger) aanhou skaaf tot ons almal tevrede was. Om ’n boek op die winkelrak te kry is ’n lang proses.

Wat was die moeilikste deel van die boek om te skryf?

Ek dink moontlik Rufus se interaksie met Jeremy. Ek sê dit want mens weet daar is soveel Jeremy’s daarbuite en jy word so kwaad as jy net daaraan dink, dat mens moet fokus om in die storie te bly eerder as om toe te laat dat jou emosies oorneem.

Hoe het jy die name van jou karakters gekies?

Ek het van die begin af geweet hulle het die tipe vriendskap waar hulle nog altyd vir mekaar byname gegee het. Ek het ook geweet dat Xandr (oftewel Alexandr) vir Ruth ’n bynaam sou gee wat haar laat klink soos “een van die ouens”, omdat hulle beste vriende was lank voor hulle eintlik besef het hulle is ’n ou en ’n meisie. Dit gee dan ook ’n lekker ander dimensie aan hulle vriendskap wat uitgedaag word op ’n nuwe vlak tydens hierdie laaste avontuur waarop hulle gaan. Hulle byname het ’n paar keer in die ontwikkeling van die manuskrip verander. Maar toe ek eers seker was oor hulle regte name (Ruth en Alexandr) het ek gespeel daarmee en die proses om by die byname uit te kom was baie soos hoe hulle self daarop gekom het in die boek.

Is daar ‘n scene wat nie in die finale weergawe van die boek ingesluit is nie?

Dit is ’n interessante vraag want ek en my uitgewer het nie enige scenes uitgehaal nie. Wat ons wel gedoen het is om ’n paar van die scenes te herskryf en dinge by te voeg. Ek is gelukkig om ’n uitgewer te hê wat heeltemal in die storie glo, daarom het ons bygesit eerder as om te sny.

Hoeveel ure ‘n dag skryf jy?

Dit hang af hoe my dag lyk. As ek ander werk het (ek doen projekwerk), moet die skrywery natuurlik wag tot ná ek ’n geldjie verdien het. Op ’n skryfdag hanteer ek dit soos kantoorwerk. Ek begin in die oggend (seker so agtuur) en werk tot laat middag. Ek skryf ook naweke, en enige vryetyd wat ek kry. My mikpunt as ek besig is om ’n manuskrip te skryf is 2 500 woorde per dag. Soms is dit heelwat meer, en soms minder.

Was dit vir jou moeilik om ‘n karakter van die teenoorgestelde geslag te skryf?

Dit was vir my baie belangrik om ’n sterk karakter soos Ruth reg te hanteer. Daarom het ek pertinent vir my eerste en tweede lesers (beide vroulik) gevra of dit reg oorkom. Ek dink nie dit was vir my moeilik nie, veral omdat ek so baie respek het vir, en hou van Ruth as karakter, maar ek was attent daarop om haar stem geloofwaardig te hou. Dit help natuurlik dat ek my hele lewe lank gelukkig was (en is) om sterk, wonderlike vrouens in my lewe te hê wat my baie geleer het (en aanhou leer) van die vroulike stem.

Hoeveel ongepubliseerde of halfvoltooide boeke het jy?

Vier. Die eerste een daarvan was die eerste boek wat ek geskryf het. Dit was voor Halley se komeet. Dit was ’n politieke avontuur en ek het baie lank daaraan geskryf, maar dit was eintlik eerder my beste slypskool as skrywer. Ek kon (en het) soveel foute daarin maak as wat ek wou en die uitkoms was ’n baie lang boek wat nie baie goed is nie. Maar dit was seker die belangrikste boek wat ek geskryf het want ek kon my skrywerstem daar ontdek. Daai boek is veilig bo in my kas weggebêre tot ek eendag kans sien om dit oor te skryf. Die ander drie manuskripte is in verskillende fases van ontwikkeling. Twee is in Afrikaans en een is in Engels.

Wat is jou gunsteling boek?

Dit is ontsettend moeilik om te sê! Nie-fiksie is dit Stephen King se On Writing (A memoir of the craft), maar by fiksie is dit waar ek vashaak. Toe ek The Alchemist (Paulo Coelho) gelees het was ek absoluut versot daarop. Dieselfde met The Old Man and the Sea (Hemingway) en Op ’n Eiland (Karel Schoeman). Ek was ook mal oor The Book thief (Marcus Zusac) – net jammer die fliek wat hulle daarvan gemaak het was so ’n groot teleurstelling. Ek lees redelik wyd, geniet ’n lekker crimi (David Baldacci, Jo Nesbo, Johan Jack Smith ens.), maar ook jeug en alles tussenin. Dalk is die kort antwoord seker die eerste boek wat my betower het as kind, dit was E. Packard se Jou kodenaam is Jona.

As jy vir jou jonger-self advies kon gee, wat sou dit wees?

Koop Apple aandele toe die maatskappy amper bankrot was!

Uit ’n skryfperspektief sou ek vir myself gesê het om vroeër in my lewe baie meer te lees en te skryf. Ek het geglo ek ly met tye aan writer’s block maar eintlik het ek net verskonings gesoek. Mens moet net gaan sit en skryf. Daar is soveel stories in my kop, ek hoop ek kry die meeste van hulle uit.

Het jy al ooit jouself ge-Google?

Ek wil graag sê ek het nie, maar kom ons jok nou nie vir mekaar nie, ek het al. Die laaste keer was omdat ek gehoor het daar is ’n resensie iewers van Halley se komeet maar ek kon dit nie kry nie toe google ek myself. Daar is gelukkig niks weird wat opduik nie. Onthou, my naam is nogal algemeen, so daar is ’n klomp ander Hannes Barnards wat opkom as jy dit google. Darem nie een wat aan ’n ernstige misdaad gekoppel is nie! Dit lyk my Hannes Barnards is oor die algemeen vredeliewende mense.

Blog Tour Skedule

Wolk - Blog Tour and Review

Lees nog resensies hier!

Pin This!

Wolk Blog Tour and Review

 

Share

5 thoughts on “Wolk – Blog Tour and Review

Comments are closed.

error

Enjoying my blog? Follow me!