Resensie: Skadujagter

AfrRes3Resensie: Skadujagter

Ek het hierdie boek verniet ontvang van die uitgewer af in ruil vir ‘n eerlike resensie. Hier volg my resensie vir Skadujagter.

SkadujagterTitel: Skadujagter

Skrywer: Dihanna Taute

Gradering: 3 sterre

Bladsye: 149

Publikasiedatum: 27 Augustus 2018

Beskrywing: 17jarige Heibrandt bevind homself in ‘n buitegewone skool waar hy deur streng sekuriteit dopgehou word. In groepsterapiesessies word hy aangemoedig om sy lewensverhale te vertel. Geleidelik ontvou die nagmerrieverhaal van hoe hy hier beland het – met ‘n verband om die gat in sy kop. Hierdie sielkundige riller neem die leser op ‘n spanningsvolle reis, waarin die grense tussen werklikheid en hallusinêre beelding getoets word.

Dankie aan NB Uitgewers vir die gratis kopie.

Resensie

Eerste gedagtes

Ek mag dalk net die punt van hierdie hele boek gemis het, maar ek het dit nie so baie geniet soos wat ek gedink het ek gaan nie. Ek het onlanks ‘n liefde vir rillers ontdek, so ek was baie opgewonde oor hierdie een. Dit het net platgeval. Ek het nooit paranoid gevoel nie. Ek moes elke aand onder my bed kyk om te sien of daar nie iemand daar wegkruip nie nadat ek Small Spaces gelees het nie. Dalk moet ek nie die twee vergelyk nie, maar ek kan dit nie help nie.

Dit het vir my die hele tyd gevoel asof Heibrant net nog ‘n tiener seun met dwelmprobleme en daddy issues was. Daar was nie angs of spanning nie. Die boek het my nie wakker gehou tot laat in die aand nie. Op tye het ek net oor sy vreemde hallusinasies gelees, want dit het vir my net na nog ‘n high gevoel. Dalk was dit die hele punt van die boek, maar nou ja. Ek het dit gemis.

Karakters

Ek het wel van Taute se skryfstyl gehou, maar die hoofkarakter het dit nie vir my gedoen nie. Ek kon glad nie met hom identifiseer nie, en daarom het ek nie simpatie met hom gehad nie. Die einde was wel vir my goed, en toe het dinge ‘n bietjie meer sin gemaak, maar ek gaan nou nie iets weggee nie.

Die res van die karakters, soos Heibrandt se ouma, Shane en die res van die lot, was baie twee dimensioneel. Ek verstaan hoekom, ons sien hulle net van Heibrandt se perspektief af, en aan die einde maak dit sin, maar ek glo in die goue reël van treat every character as if they were the protagonist. 

Opsomming

Ten slotte sal ek nie hierdie boek aanbeveel nie, maar om die eenvoudige rede dat die boek net nie vir my was nie. Ek moedig jou steeds aan om die boek ‘n kans te gee, omdat die skrywer baie goed is en jy mag dalk die storie beter verstaan as ek.

 

Share

2 thoughts on “Resensie: Skadujagter

Comments are closed.

error

Enjoying my blog? Follow me!